Op soek na gansvere, fonteinwater of hooibale? Skaapvleis of bokhorings?
Ons boere is die ruggraat van die land. Van sonop tot sonsak werk ons dag na dag om seker te maak ons produkte land plaasvars by die eindbestemming.
Maar soms is daar middelmanne, verwerkingsprosesse, vervoer en gevreesde virusse wat dit moeilik maak om ons produkte plaasvars op die tafels te kry. Die boer en die verbruiker trek beide aan die korste ent.
Verbruikers is onseker oor die oorsprong van produkte, die varsheid van produkte, die hart van produkte.
Boere kry maar ‘n fraksie van die totale prys van eindprodukte, maar dra die grootste deel van die risiko.
Met TLU SA se Plaasvars e-Mark is daar nou die geleentheid vir die verbruiker om direk met die boer te gesels oor produkte.
Die platform werk eenvoudig:
Help ons boere om eerlik en eerbaar ‘n bestaan te maak. Koop plaasvars